Afrikaanse kleuterskool · Wapadrand, Pretoria-Oos
Laspossie Kleuterskool
'n Warm, veilige plek om te speel, leer en groei
Sedert 1994 versorg ons kinders van 3 maande oue baba's tot Graad RR – met 'n gekwalifiseerde onderwyseres in elke klas en alle etes ingesluit.
Oor ons
Laspossie Kleuterskool is 'n privaat kleuterskool wat deur mevrou Corlia Snyman bestuur word. Die skool is in 1994 gestig en is sedert April 2001 op ons huidige perseel in Wapadrand.
Die doel van pre-primêre onderwys is om die harmoniese ontwikkeling van die kleuter se geestelike, fisiese en intellektuele welsyn, sowel as sy sosiale en godsdienstige vorming, te bevorder. Ouers ontvang elke termyn 'n nuusbrief, en ons deur staan altyd oop vir ouers en besoekers.
- ✝️ Christelike grondslag
- 🔤 Geletterdheid, gesyferdheid en taal
- 🎨 Kreatiwiteit, musiek, stories en poppe
- 🤸 Groot- en fynmotoriese ontwikkeling
- 🧩 Denke en probleemoplossing
- 🍎 Ontbyt, middagete en verversings ingesluit
Ons klasse vir 2027
Skoolgelde 2027
| Klas | Ouderdom | Per maand |
|---|
- Inskrywingsfooi: per kleuter
- Jaarlikse registrasiefooi: per kleuter
- Gesinsafslag: per gesin met twee of meer kleuters
- Skoolgelde is maandeliks vooruit betaalbaar, voor of op die van elke maand.
Bankbesonderhede
Volledige betaalvoorwaardes in die Inskrywingspakket.
Fotogalery
Kom loer binne in ons klaskamers en speelterrein!
Aflaaie
Laai die dokumente af, voltooi die inskrywingsvorm en stuur dit saam met afskrifte van die ouers se ID, die kind se geboortesertifikaat en inentingsertifikaat terug skool toe.
Verkies u om aanlyn in te skryf? ✏️ Vul aanlyn in
Aanlyn inskrywingsvorm
Vul die vorm hieronder in om u kleuter vir 2027 in te skryf. Velde met * is verpligtend. Stuur asseblief steeds afskrifte van die ouers se ID-dokumente, die kind se geboortesertifikaat en inentingsertifikaat (immunisasiekaart) na die skool of per e-pos.



